Jaco Jacobs

Jaco Jacobs is die skrywer van meer as 170 boeke vir kinders en meer as ’n miljoen kopieë van sy boeke is reeds verkoop. Hy spog met 40 bekronings vir sy werk. ’n Goeie dag vir boomklim en Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word is wêreldwyd in Engels uitgegee. Beide boeke was op die langlys vir die vooraanstaande Britse toekenning, die Carnegie Medalje, en is ook tot films verwerk. Sy topverkoperboek, Suurlemoen!, waarvan daar reeds meer as 100 000 kopieë verkoop is, is is ook tot film verwerk. Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjies, Mia en Emma, drie honde, ’n kat en ’n troetelluislang.

Books by Jaco Jacobs